     
=====================================================================
Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Verre vriend moet gou s of hy belang stel

Gawie Keyser kulturele verdrag met Nederland sien, ... [Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4)]   skryf uit Amsterdam oor hoe Nederlandse taalgenote die pas geslote kulturele verdrag met Nederland sien, asook die moontlikheid dat dit 'n aanloop kan wees tot nouer samewerking met die Nederlandse Taalunie. 

Politieke wil in Suid-Afrika is klaarblyklik die grootste versperring in die weg van onderhandelings oor 'n amptelike samewerkingsooreenkoms met die Nederlandse Taalunie -- 'n prikkel wat die internasionale posisie van Afrikaans baie sal versterk. 

Die ooreenkoms sou die vorm van 'n "assosiasieverdrag" kon aanneem, wat as 'n verlengstuk van die nuwe kulturele verdrag tussen Nederland en Suid-Afrika gesien sou kon word. Nog 'n moontlikheid is dat ander gebiede -- Namibi, Suriname en die Nederlandse Antille -- saam met Suid-Afrika by die assosiasie betrek word. Uit gesprekke met vooraanstaande taalmense in Nederland en Vlaandere blyk dat die steun vir nouer samewerking op taalgebied met Suid-Afrika toeneem. 

Die Taalunie is 'n inter-regeringsorganisasie wat in 1980 by verdrag tussen Nederland en Belgi opgerig is. Die doel is die bevordering van die Nederlandse taal, lettere, kultuur en onderwys binne en buite die Nederlandse taalgebied. 

'n Komitee van ministers, bestaande uit die Nederlandse en Vlaamse ministers van onderwys en kultuur, beslis oor die beleid. 'n Interparlementre kommissie, bestaande uit volksverteenwoordigers uit die twee lande, waak oor die beleid terwyl 'n algemene sekretariaat dit voorberei en uitvoer. 

Mev. Greetje van den Bergh, hoofsekretaris van die Taalunie, s dat   'n samewerkingsooreenkoms met Suid-Afrika "onmiddellik bespreekbaar" is indien die Suid-Afrikaanse regering te kenne gee dat hy dit op prys sal stel. Sy benadruk dat die inisiatief van Suid-Afrikaanse owerheidskant, en nie vanuit Europa nie, moet kom. 

In die kulturele verdrag wat Suid-Afrika en Nederland tydens die staatsbesoek van koningin Beatrix gesluit het, word die Taalunie genoem as die orgaan wat aangeleenthede rondom Nederlands in Suid-Afrika moet hanteer. Dit maak volgens mev. Van den Bergh samewerking "in die konteks van Afrikaans en Nederlands" makliker. Die Taalunie sal na verwagting sy inhaalaksie om Nederlands in Suid-Afrika te bevorder, aanstaande jaar voortsit. 

In 'n reisverslag in die jongste Taalschrift, lyfblad van die Taalunie, merk die essayis Geert van Istendael na aanleiding van sy wedervaringe in   Suid-Afrika op: "Het vervreemdende is dat niets vervreemdend is, niet de outoweg, niet de taal, niet de huisjes ..." 

En die digter Herman de Coninck skryf in dieselfde uitgawe:   "Hier en daar hoor ik dat de Taalunie hier gebruikt wordt om het blanke Afrikaans met de rugdekking van het politiek correcte Nederlands meer prestige te bezorgen. 'Ons word voor hun (sic) ossewa ingespan.' Dat kan, misschien mag dat zelfs, al was het maar om een paar uitwassen van de culturele boycot goed te maken." 

Die literre besoek van onder meer bogenoemdes, gesteun deur die Taalunie, het in elk geval bygedra tot die persepsie dat Afrikaans 'n volstrek eie taal is. 

Drs. J.M.L. Kits Nieuwenkamp   van die Algemeen Nederlands Verbond (ANV), 'n organisasie wat hom vir die bevordering van die Nederlandse taal en kultuur oor die wreld heen beywer, s dat 'n assosiasieverdrag tussen die Taalunie en Suid-Afrika die selfstandige posisie van Afrikaans nie sal bedreig nie. 

"Ons moet juis saamstaan," s hy. 

Volgens die ANV bestaan die Nederlandse taalfamilie uit drie gebiede: Noordsee Nederlands (Nederland en Vlaandere), Karibiese Nederlands (Suriname en die Antille) en Afrikaans. Nouer samewerking tussen die drie gebiede sal baie vir die versterking van Afrikaans kan beteken, s drs. Kits Nieuwenkamp. 

Ook die bekende Vlaamse taal- en kultuurman mnr. Jozef Deleu,   direkteur van die Stichting Ons Erfdeel, steun 'n samewerkingsooreenkoms tussen die Taalunie en Suid-Afrika. 

"Die verdwyning van apartheid het alle deure weer oopgemaak," s mnr. Deleu, "maar het nie alle probleme weggewerk nie. Die situasie moet positief, maar realisties bekyk word." 

S het Afrikaans weens sy eie ontwikkeling al hoe verder van Nederlands gedryf, maar die afstand is nie so groot dat daar 'n probleem met verstaanbaarheid sou wees nie. 

Mnr. Deleu meen dat die Taalunie assosiasieverdrae moet sluit met alle gebiede waar Nederlands ooit 'n bepaalde rol gespeel het en waar die rol nog sigbaar is, byvoorbeeld Suriname en die Nederlandse Antille. In die geval van Suid-Afrika is die verdrag wenslik, omdat dit gaan om samewerking tussen twee sustertale. 

"In Vlaandere en Nederland moet daar eensgesindheid bestaan oor so 'n assosiasie. En in Suid-Afrika moet 'n wil daartoe bestaan". 

"Die implikasie sal wees dat in sowel Vlaandere as Nederland 'n versterking van die universitre studie van Afrikaans plaasvind. Omgekeerd sal die belang van die studie van Nederlands in Suid-Afrika onderstreep word: Afrikaanse literatuur het geen Middeleeue sonder die Vlaminge nie, en geen Goue Eeu sonder die Nederlanders nie. Die assosisasie moet 'n verstandige ooreenkoms wees waaruit beide partye voordeel trek." 

Vir die tale is dit suiwer kultureel en taalkundig belangrik dat hulle mekaar regstreeks kan benvloed. Daarby meen mnr. Deleu dat die posisie van Nederlands in Europa met die byvoeging van Afrikaans "in elk geval nie sal versleg nie". Of dit die Europese posisie van die taal sal verbeter, kan hy nie s nie. 

"Die Taalunie moet baie rustig kontak maak met instellings en mense op owerheidsvlak in Suid-Afrika oor die assosiasie. Miskien is dit op die oomblik 'n bietjie gevoelig vanwe die probleem met die elf amptelike tale wat nie heeltemal opgelos is nie. Ook die posisie van Afrikaans is nog nie volkome helder nie." 

N die politieke ervaring waarvan Suid-Afrika nie geheel herstel het nie, is "enige beskeidenheid en versigtigheid" deur die buitewreld gepas, vind mnr. Deleu. 

"Ons moet ons nie meer opdring as wat nodig is nie: ons moet wel te kenne gee dat samewerking ons interesseer. Die versigtigheid van die Taalunie, die versigtigheid in Vlaandere oor die Suid-Afrikaanse konneksie, is van di aard dat dit nie beteken dat daar geen belangstelling is nie, maar dat 'n mens wel gou-gou van die verre vriend wil verneem of hy daarin belang stel -- versigtigheid pas by groot dinge. 

"Ek dink dat veral die Vlaminge so 'n assosiasie steun omdat dit 'n meer mondiale verband sal gee. 'n Minder klein Vlaams/Hollandse onderonsie," s mnr. Deleu. "Dit sou nie sleg wees nie as daarby goeie, interessante ... eintlik eksotiese elemente gevoeg word." 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av345.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 